Show full text8 pages
Page 1
View in PDF(opens in a new window)ASSIS LL.
S. Air. J. Philos. 1998, 17(1)
S. Afr. J. Philos. 1998, 17(1)
Die ontstaan van die natuurregsleer in die
geregtigheidsdenke van vroeé Griekse natuurfilosowe
23
‘regverdig’ is en of die reg soos wat dit is, ook is soos dit idealitér behoort te wees — of die
lex lata en die lex ferenda met ander woorde saamval. Daar was deur die eeue verskillende variasies op dié natuurregstema.
In die regspositivistiese tradisie, daarenteen, is slegs die lex lata regswetenskaplik ter
Lourens du Plessis
sake. Spekulasies oor wat de lege ferenda hoort, is subjektief en dus (regs-)wetenskaplik
onverantwoord. Ook hierdie tema het variasies, sommige waarvan die opkoms van filo-
Departement Publiekreg, Universiteit van Stellenbosch, Privaatsak X1,
sofiese positivisme teen die helfte van die vorige eeu, lank vooruit was.
Matieland 7602, Suid-Afrika
In hierdie artikel word die oorsprong van die natuurregsgedagte (as grondslag van ’n
regsfilosofiese epog) in die denke van enkele vrocé Griekse natuurfilosowe verken. Die
Ontvang Januarie 1997; hersien September 1997
wisselwerking tussen persepsies van eensdeels die natuur(-orde) an sich en andersdeels
The genesis of the doctrine of natural law in the early Greek natural
‘geesteswaardes’ wat 'n regsorde as ‘regverdig’ stempel, word ook ondersoek. Natuurreg,
philosophers’ thinking on justice. This article traces the (possible) origins
selfs in sy oorspronklike betekenis, dui nie op bloot 'n ‘buitemenslike’ of ‘buitegeeste-
— in early Greek natural philosophy — of the epoch of natural law in Western
like’ orde (van natuurwette en -formules) nie. Die vroeé Griekse natuurfilosowe se opvatlegal thought. The views on justice of certain natural philosophers, i.c.
tings oor reg en geregtighcid was inderdaad natuurwetmatig georiénteer — en dit het waar-
Anaximander, the Pythagoreans and Heraclitus, are analysed and compared
skynlik aan die natuurreg sy naam besorg — maar hulle het mens en natuur (en
to the classical natural law thinking of the Stoics. Although only Heraclitus’
samelewing en natuur) nie as entiteite vreemd aan mekaar hanteer nie: die ‘natuurlike’ en
thinking on justice shows all the characteristics of this classical doctrine of
‘geestelike’ dimensies van reg en geregtigheid was twee kante van dieselfde munt. Die
natural law, the ideas of other philosophers are unmistakably antecedent to
aanknopingspunte wat hulle in hul denke by die natuurorde gevind het, het met ander
the ideas of the Stoics. To this extent it can indeed be stated that natural law
woorde nie in ’n natuurwetenskaplik-afgetrokke fiksasie op die natuur an sich resulteer
thinking in the Western tradition essentially finds its origins in the early
nie. So is die weg gebaan vir die Westerse natuurregsleer om as ’n waarderegsleer te
Greek natural philosophy.
ontwikkel. Die voormelde tendense sal aan die hand van die denke van figure so uiteenlopend soos Anaximandros, die Pitagoreérs en Herakleitos illustreer word.
In hierdie artikel word die (moontlike) natuurfilosofiese oorsprong van die
Die natuurregsdenke van hierdie denkers word met die klassiek-Stoïsynse natuurregsleer
natuurregscpog in die Westerse regsdenke ondersoek. Die geregtigheidsvergelyk ten einde, in die lig van die sentraliteit van die laasgenoemde model in die Wesdenke van sekere vroeë Griekse natuurfilosowe, met name Anaximandros,
terse regsdenke, hulle blywende regsfilosofiese bydrae so goed moontlik te probeer peil.
die Pitagorcérs en Herakleitos, word ondersoek en dan vergelyk met dic
klassieke natuurregsdenke van die Stoisyne. Hoewel slegs die gcregtig-
2. Enkele illustrasies van natuurfilosofiese regsdenke
heidsdenke van Herakleitos al die kenmerke van die klassieke natuur-
2.1 Agtergrond
regsleer vertoon, is die idees van die ander natuurfilosowe onmiskenbaar
Natuurfilosofiese denke het teen ongeveer die sesde eeu voor Christus ’n hoogtepunt
voorlopers tot die idees van die Stoïsyne. In dié mate kan met reg konstateer
bereik. Die filosofieë van “n hele aantal denkers en denkskole hoort hieronder tuis:
word dat die natuurregsdenke in die Westerse tradisie van essensieel
-
natuurfilosofiese oorsprong is.
die Miletiese (of loniese) skool met Thales (circa 624-545 v.C.), Anaximandros
(circa 610-547 v.C.) en Anaximenes (hoogtepunt circa 546 v.C.) as belangrike
eksponente:
1. Oriéntering
-
R. McKeon (1990: 127-128) onderskei tussen kousale en epogale geskiedbeskouings.
—
Die eersgenoemde sien geskiedenis as 'n ketting van gebeure wat die een uit die ander
die skool van Pitagoras van Samos (circa 570-504 v.C.);
die Eleatiese skool' met Xenophanes (circa 580-490 v.C.), Parmenides (gebore circa
515 v.C.) en Zeno (gebore circa 490 v.C.) as vernaamste eksponente;
voortvloei; die laasgenoemde konsentreer op geskiedenis as saamgestel uit verskillende
epogge (soos Hellenisme, barok, verligting, romantiek ensovoorts) elk met 'n eie homo-
~
Herakleitos van Efese (circa 540-480 v.C.) en
gene kultuurstruktuur. Volgens hierdie geskiedskrywingsmodel sal die oorheersende
-
‘n groep denkers uit die vyfde eeu voor Christus, waaronder Empedokles van
Agrigentum (gebore circa 500 v.C.), Anaxagoras van Klazomenai (gebore circa 500
v.C.) en die atomiste, Leukippos (lewensloop onbekend) en Demokritos van Abdera
epogge in die ontplooiing van die Westerse regsdenke sedert die antieke, natuurreg en
regspositivisme wees.
(circa 470-360 v.C.).*
Natuurregsdenke poneer die bestaan van algemeen-geldende waardes naas ‘die reg
Die antiek Griekse beskawing word, soos sovele ander beskawings in hulle beginfase,
deur ’n noue interafhanklikheid en interaksie tussen mens en natuur gekenmerk, wat (min
soos wat dit is’ (die lex lata). Hierdie waardes is meetroedes (oftewel 'n lex ferenda) wat
help bepaal of die geldende (positiewe) reg op ’n gegewe tydstip, ‘goed’, ‘in orde’of
Page 2
View in PDF(opens in a new window)of meer agtereenvolgend) in natuuraanbidding, mitologiserende verklarings van natuurverskynsels en -kragte en "n studie van die natuur (en ‘n filosofiese verklarings vir natuurverskynsels) manifesteer. Hierdie laaste fase put, soos Aristoteles (in sy Merafisika 982b)
verduidelik, stukrag uit verwondering.
Uit ’n studie van die vroeé Griekse natuurdenke word dit duidelik dat filosofie aanvanklik ’n omvattende sisteem van kennis was en dat verskillende (hedendaagse) vakwetenskappe (66k natuurwetenskappe) daaruit ontwikkel het. Dit, beweer McKeon (1990: 130),
is wat *n kousale geskiedenis van die filosofic in clk geval vir ’n mens duidelik maak.
Van belang uit ’n regsoogpunt is die natuurfilosowe se ingesteldheid op orde en
ewewig in die natuur wat hulle net so op die samelewing toepas en met die reg as 'n
sosiale ordeningsverskynsel en geregtigheid as 'n sosiale deug verbind. Sosiale kragte in
’n vreedsame (en regverdige) samelewing is met ander woorde soortgelyk aan ordelike
natuurkragte. Het die natuur-filosowe ‘wet en orde’ in die natuur waargeneem en net so
op die samelewing toegepas of het hulle die ‘wet en orde’ wat hulle in die samelewing
ervaar het, op natuurverskynsels projekteer? Daar is meningsverskil hieroor (Stone 1965:
11 en Vlastos 1947: 83-91 contra Jones 1956: 39-42) maar argumente vir die eersgenoemde moontlikheid lyk die sterkste (Du Plessis 1978: 40-42).
Die natuurfilosowe het hulle persepsie van geregtigheid op gelykheid baseer en gelykheid is onder meer verstaan as isonomia of isomoira wat natuurtoestande is. /sonomia is
’n ‘mediese term’ en slaan op die harmonie van kragte in die menslike liggaam wat gocie
gesondheid moontlik maak. /somoira dui op 'n ewewig van natuurelemente buite die
mens. Vir ’n goeie of gematigde klimaat word byvoorbeeld ’n isomoira van natuurelemente soos hitte en koue of nattigheid en droogte vereis (Vlastos 1947: 58-60; Kahn
S. Atr. J. Philos. 1998, 17(1)
25
noem die arché ‘die Oneindige’ (to Apeiron) en sé dat dit alle natuurelemente omvat
(Vollenhoven 1950 : 244), met ander woorde
... the opposite powers of cold and heat, moisture and dryness, darkness and light,
and also the main portions of the visible world, regarded as embodiments of these
universal factors (Kahn 1960: 178).
To apeiron is vir Anaximandros die Een, dit wil sé verskillende ‘censgesinde’ natuurelemente in harmonie met mekaar. Baie van hierdie elemente is egter teenoorgesteldes soos hitte en koue, nat en droog of donker en lig. Daarom veronderstel harmonie
ook vergelding: die elemente ‘sorteer’ hulleself reélmatig en ordelik ‘uit’ en skei hulle
van mekaar af (vgl. ook Aristoteles Metafisika 187a) — hulle betaal, in Anaximandros se
woorde. ‘straf en boete aan mekaar’. Daar is nie 'n enkele element wat alléén die arché is
nie en daarom geskied daar binne to apeiron geregtigheid: die verskillende ‘oerelemente’
is gelyk en die een oorheers nie die ander nie (Aristoteles Fisika 204b.22). Hierdie gelykheid manifesteer in ’n kosmiese balans: die verskillende elemente vernietig mekaar nie en
keer uiteindelik sáám in to apeiron terug (Vlastos 1947: 80-83; Kahn 1960: 186-193),
Dit kan ook in die natuur self gesien word: fris dou in die vroeé oggend en bloedige hitte
in die middag; wolke (verdampte water) en wind (lug) wat weerlig (vuur) veroorsaak;
hitte in die somer en koue in die winter asook winde wat (in Griekeland) in die winter en
in die somer uit hoofsaaklik verskillende rigtings waai (Kahn 1960: 184).
Anaximandros se natuurordelike persepsie van reg en geregtigheid het besliste morele
en politieke implikasies: 60k in die samelewing en in menseverhoudings is geregtigheid
’n aangeleentheid tussen gelykes en werk dit verge/dend, want ‘its settlement involves an
equation of compensation to injury’ (Vlastos 1947: 83; vgl. ook Allen 1966: 5).
1960: 189-193).
Namate van die veronderstelling uitgegaan is dat die sosiale orde in 'n regverdige
samelewing soortgelyk moet wees aan die orde in die natuur, het ’n volledige natuurregsleer uit natuur-filosofiese persepsies van reg en geregtigheid ontwikkel. In ’n volgroeide
natuurregsleer word physis (die natuur of natuurorde) en nomos (die samelewingsorde of
2.3 Pitagoras en die Pitagoreérs
Pitagoras en sy volgelinge® wat wiskundiges van formaat was,’ het reg en geregtigheid as
"n getal uitgedruk. Die wéreldorde is volgens hulle opgebou uit getalle (lamblichus
Pythagoras 46: De Vogel 1966: 109 en 118). Dit beteken dat alle verskynsels wat deur
positiewe reg) onderskei en dan as (onderskeidelik) ‘ideaal’ en ‘praktyk’ kontrasteer.* In
die meeste vroeé natuurfilosowe (behalwe miskien Herakleitos*) se reg- en geregtigheidsdenke word ideaal en praktyk egter nie altyd duidelik onderskei nie. Hierdie denkers
is daarom nog nie eksponente van 'n volgroeide natuurregsleer nie.
hierdie orde beheers word, as getalle uitgedruk kan word. Die getal 5 is byvoorbeeld die
Vervolgens, ter illustrasie, meer oor die reg- en geregtigheids-denke van enkele natuureerste kwadraat van 'n ongelyke getal (d.w.s. 32 of 9) is nie (vgl. Du Plessis 1978: 48).
huwelik, want dit is ’n sáámvoeging van die eerste manlike en vroulike getal (Kruger
1976: 12). 'n Deug soos geregtigheid is ook 'n getal (Aristoteles Magna Moralia 1182a
11). Dit is egter nie seker of hierdie getal die eerste kwadraat (d.w.s. 22 of 4) of so nie die
filosowe.
Die eerste moontlikheid lyk die waarskynlikste.*
2.2 Anaximandros
hulle het getalle hoofsaaklik as hulpmiddels in hulle nadenke oor sulke vraagstukke
Anaximandros was 'n leerling van Thales, die grondlegger van die Westerse filosofie.
Van al sy geskrifte het slegs een fragment uit sy verhandeling Oor die Natuur behoue
gebruik (De Vogel 1966: 118, 194 en 226). Hulle was dus nie in die eerste plek matemati-
Die Pitagoreérs het grondig in antropologiese en morele vraagstukke belanggestel en
gebly. In Engels vertaal lees dit só:
ci nie en ook nie natuurfilosowe in dieselfde sin as byvoorbeeld die Mileters of die Eleate
nie. Omdat vraagstukke oor die menslike siel — en veral die vraag wat ná die dood met die
The source of coming to be for existent things is that into which destruction, too,
happens “according to necessity; for they pay penalty and retribution to each other
siel gebeur (Diogenes Laertius VIII 36) — hulle intens geinteresseer het, was hulle begaan
for their injustice according to the assessment of Time’ (Allen 1966: 3).*
Pythagoras 21).
Volgens baie natuurfilosowe, en veral die Mileters, het alles uit *n bepaalde oerstof of
arché ontstaan: water (Thales), lug (Anaximenes) of vuur (Herakleitos). Anaximandros
oor ‘hoe om reg te lewc”. Hulle het dus ’n baie streng morele kode cerbiedig (lamblichus
Aristoteles (Ethika Nikomacheia 1132b 26) beweer dat die Pitagoreérs geregtigheid
merendecls gesien het as vergelding ooreenkomstig die falio-beginsel — dus: ‘’n oog om
Page 3
View in PDF(opens in a new window)27
’n oog en "n tand om ‘n tand’ — maar getuienis oor hulle sterk morele ingesteldheid plaas
Pitagoras gebruik "n interessante geometriese gelykheidsargument om ’n seksistiese
die korrektheid van so ’n bewering onder verdenking. Verdross (1948: 11-12) en De
vooroordeel van sy tyd die bodem in te slaan (lamblichus Pythagoras 55). Vroue is naam-
Vogel (1966: 104) het eerder gelyk wanneer hulle aanvoer dat die Pitagoreérs na alle
lik verbied om heilige dinge te nader pas nadat hulle geslagsgemeenskap gehad het. Piwaarskynlikheid dié ‘wyse manne’ is wat Plato (Gorgias 508a) met die aanvanklike outagoras redeneer dat vroue van nature regverdiger is as mans omdat hulle makliker hulle
teurskap van die idee van geometriese gelykheid krediteer. Meetkundig of geometries
eiendom in goedertrou met mekaar deel, dit wil sé sonder om op sekerheid soos 'n pand
word hierdie gelykheidsvorm soos volg onderaan hierdie bladsy uitgedruk:
of 'n getuie aan te dring. Gegee hierdie groter regverdigheid van vroue, sien Pitagoras
Die matematiese ekwivalent hiervan is x:y::1:2 of, anders gestel, indien x gelyk is aan
2y, dan is 2x gelyk aan 4y, 3x gelyk aan 6y ensovoorts.
Geometriese gelykheid word ook as 'n gelykheidskriterium op intermenslike verhoudinge toegepas: duidelik omskrewe saaklike maatstawwe word ter berciking van 'n
geen rede waarom júis hulle (en net hulle) verbied moet word om heilige dinge te nader
nadat hulle binne-egtelike geslagsgemeenskap gehad het nie (De Vogel 1966: 133-134).
Vroue moet met ander woorde na die maat van hulle regverdigheid van ’n bevooroorvoorafgestelde doel aangewend om mense in verhouding tot (of na die maat van) verdeelde beperking wat die samelewing hulle oplé, bevry word, Dit is ’n heel merkwaardige
toegewing indien ’n mens in aanmerking neem dat die Pitagoreërs oor die algemeen
skille
beperkende eerder as bevrydende lewensreéls voorgeskryf het.
in
hulle persoonlike kwaliteite
of omstandighede
verskillend
te behandel.
Geometriese gelykheid is dus relasionele of verhoudingsmatige gelykheid wat tussen
mense differensieer. Diskriminasie op sy beurt is ongeregverdigde differensiasie waar-
2.4 Herakleitos
deur gewig gegee word aan persoonlike kwaliteite en omstandighede wat met die oog op
Volgens Herakleitos is geregtigheid siryd en oorlog universeel — die vader en koning van
die voorafgestelde doel nie ter sake is nie - dit ten koste van die wat wel sodanig ter sake
alle dinge (Fragment 53) — en gebeur alles volgens stryd en na noodwendigheid (Fragis — of waardeur probeer word om ’n doel anders as die voorafgestelde doel te verwesenment 80).'° Diké is met ander woorde self Eris en die verskillende elemente wat die
lik. Onduidelikheid oor die saaklike maatstawwe of die te bereikte doel sal diskriminasie
wéreld daarstel is, juis omdat hulle in harmonie is, in 'n universele stryd (pdlemos)
dus bevorder, terwyl duidelikheid dit sal teenwerk.°
gewikkel — hulle spreek mekaar teé (Verdross 1958: 10; Guthrie 1962 1: 417 en 448).!!
Aristoteles (Politica 1282b-1283a) gee die volgende baie bekende voorbeeld van hoedat die geometriese gelykheidskriterium werk: Indien 'n beter en 'n swakker fluit aan
twee fluitspelers (A en B) toebedeel moet word met die doel om fluitspel in die polis te
bevorder, behoort die beter fluitspeler die beter fluit te kry. In hierdie voorbeeld is:
Vir ’n dialektiese denker soos Herakleitos is teenoorgesteldes tegelykertyd éwe waar en
éwe geldig. Die ‘volle waarheid’ lé trouens juis in die paradoks:
~
Every animal is driven to pasture with a blow (Fragment 11).
Die son, sou dit sy baan oorskry, sal teruggedwing word deur die Erinneérs wat
—
dic voorafgestelde doel die bevordering van fluitspel in die polis en
—
die saaklike maatstaf die kwaliteit van fluitspel;
—
Die fluitspelers word in verhouding tot hulle vermoè om fluit te speel;
—
verskillend behandel sodat die een die beter en die ander een die swakker fluit kry.
—
Indien fluitspeler A die beter fluit sou kry vanweé byvoorbeeld sy afkoms, sy mooi
voorkoms of sy ‘politieke kontakte’, is daar teen fluitspeler B gediskrimineer. So ook
indien A die beter fluit gekry het om 'n bepaalde politieke figuur se aansien te
bevorder (en nie om fluitspel in die polis te bevorder nie).
Volgens Herakleitos is die wéreldorde 'n ewiglewende vuur (Fragmente 30 en 64).
Om diskriminasie teen te werk, moet dit duidelik wees dat die kwaliteit van fluitspel
die saaklike maatstaf en die bevordering van fluitspel in die polis die te bereikte doel
maar 'n syns- (’n ‘bestaans-’) maatstaf:
—
is.
handlangers van Diké is (Fragment 94).
"n Mens kan geregtigheid ken omdat daar 66k onreg is (Fragment 23).
[D]ie snare van die lier en die hand van die speler stry teen mekaar en het musick tot
gevolg (Kruger 1976: 7; kyk in hierdie verband Fragment 51)
Seewater is skadelik vir mense maar nuttig vir visse (Fragment 61)
Vuur is vir hom egter nie die arché op dieselfde manier as wat water dit vir Thales of
lug dit vir Anaximenes is nie — vuur is die Logos en hierdie Logos is nie 'n oerstof nie,
All things are an equal exchange for fire and fire for all things, as goods are for
gold and gold for goods (Fragment 90),'*
Vuur-as-Logos bepaal derhalwe hoedanig alles is en hoedat gebeure verloop (Fragment |). Vuur is egter ook onstoflik en veral nie-konstant. Met vuur as maatstaf vir alles
word een van die sleutelstellings in Herakleitos se filosofie derhalwe onderstreep: panta
rhei — alles vloei. Niks bly met ander woorde konstant nie. Selfs kosmogenese is stryd en
kontradiksie, want alles begin deurdat vuur in sy kontras, see of water, omslaan. Water
divergeer dan weer in twee verdere kontraste, te wete gloedlug en aarde (Fragment 31;
kyk ook Vollenhoven 1950: 67-73; Vlastos 1947: 67). Dog, te midde (en júís as gevolg)
van hierdie stryd, ‘the measure will be kept’ (Vlastos 1947: 67) want, sé Herakleitos op n
ander plek, die pad 6p en die pad af is een en dieselfde pad (Fragment 60).
Page 4
View in PDF(opens in a new window)29
Vir Herakleitos bestaan die volle waarheid in paradokse, want hy kyk dieper as voor
Dit is tegelyk egter ook regulatief: Dit skryf voor hoedat die nomoi behöört te wees.
die hand liggende natuurwerklikhede en hy ontdek sò *n omvattende synsgeheel (ta onta).
Hy dink daarom ook na oor werklikhede wat nie empiries waargencem kan word nie. Herakleitos se synsleer of ontologie het dus "n oorwegend geestelike inslag (Munitz 1967:
237-244; Macintyre 1967: 542-543; Rosen 1973: 535-554; Hartman 1949: 6; Du Plessis
Wie verstandig wil praat moct méér nog as wat die polis op sy nomoi steun hom of haar
1978: 52 vn. 24). Sy dieper kyk op sake laat hom voorts sien dat daar ’n verborge goddelike orde moet wees (’n nomos theios) wat die Logos voortbring. Dit is “n verborge orde
want ‘[t]he real constitution of things is accustomed to hide itself (Fragment 123) en
‘[a]n unapparent connection is stronger that an apparent’ (Fragment 54). Die Logos-maatstaf sélf kan nie heeltemal deurgrond word nic (fragment 1). Dit kan egter diep in die
menslike siel (psyché) ten dele geken word (Fragmente 45 en 115).
Die ewige Logos is, volgens Herakleitos, ook regverdig (Fragment 102) omdat dit dic
ontiese stryd in stand hou en nie ten spyte daarvan nie. Volgens Cleve (1973 1: 80-81)
maak die volgende parafrase van Fragment 80 dit duidelik:
op die nomas theios verlaat. Die klem hier is op die groter krag ~ die volmaakte oppermag
— van die nomos theios/Logos. Gemeet aan hierdie maatstaf is die nomoi gebrekkig en die
krag wat daaraan ontleen kan word ontoereikend (Cleve 1973 I: 92-93). Nomoi kan egter
‘beter’ of volmaakter word namate hulle na die nomos theios/Logos - wat 66k die
geregtigheidsmaastaf is (Fragment 102) - geyk word. Of nomoi regverdig is, hang dus
daarvan af of hulle aan die regulatiewe eise van hierdie hoogste maatstaf voldoen.
3. Die natuurfilosowe en die die klassieke natuurregsleer
3.1 Waarom ‘klassieke’ natuurregsleer
Een manier om te bepaal hoe ‘tipies natuurregtelik’ die vrocé natuurfilosowe die verhouding tussen ideaalreg en positiewe reg sien, is om hulle sienings met die klassicke natuurregsleer van die Stoïsyne te vergelyk. Daar is veral drie redes waarom die Stoïsynse versie
One ought to understand the Xynós!* as (now) being war, and (peace-loving) justice as (now) being (unjust) strife, and all things as (now) coming about by way of
van die natuurregsleer ‘klassiek' is:
strife and compulsion.
tuurlik omstrede want die natuurregsgedagte het deur die eeue in verskillende gestaltes bly
3.1.1 Dit is ‘n volgroeide natuurregsleer. Té letterlik geneem, is die term ‘volgroeid’ na-
Anders as vir byvoorbeeld Anaximandros is stryd vir Herakleitos dus nie onreg wat
ongedaan gemaak of ‘vergeld’ hoef te word nie: stryd is reg, stryd is geregtigheid; alleen
stryd verseker orde en harmonie. Stryd verseker ook gelykheid. Herakleitos gebruik egter
nie terme soos ‘gelyk’ of ‘gelykheid’ om die idee van ewewig of ewemaat uit te druk nie.
Hy sé eerder dat alles één is (Fragment 50) en met een bedoel hy een en dieselfde (Vlastos
1947: 69-71) — soos die Logos terselfdertyd dag-én-nag, winter-én-somer, oorlog-éngroei (en dit ontwikkel steeds). Die Stoïsynse natuurregsleer verteenwoordig egter 'n kulvrede of versadiging-én-honger is (Fragment 67).
byvoorbeeld as ’n ordelike uitdrukking van die skepperwil van God beskryf (Augustinus
De Civitate Dei 19.12; Thomas van Aquino Summa Theologica 1.2.q93.a3 ad 2um en
Jean Calvin Commentarius in Epistolam Pauli ad Romanos 1:19-20 en veral 2:14-15).
Herakleitos se ontologie het bepaalde implikasies vir die regs- en politieke lewe. In
Fragment 102 sé hy byvoorbeeld dat die Logos slegs geregtigheid ken en dat onreg van
menslike oorsprong is. Hy kontrasteer per implikasie dus die maat waarmee mense meet
met die onbetwistelik gesaghebbende Logos-maatstaf. Dit is kenmerkend van ’n volgroeide natuurregsleer. In Fragment 53 bestempel hy oorlog as die vader en koning van alle
dinge wat sommige wesens as gode en ander as mense en sommige mense weer as slawe
en ander as vrymense uitwys. Klasseverskille ontstaan met ander woorde onvermydelik
en ‘ordelik’ uit geregtigheid-as-stryd. Hierdie voorkeur vir aristokrasie is tipies van Herakleitos. Hy was hovaardig en trots en het op ‘minderes’ neergesien.'*
Fragment 114 is ryk aan regsbetekenis:
Those who speak with sense must rely on what is common to all, as the city must
rely on its law, and with much greater reliance: for all the laws of men are nourished by one law, the divine law; for it has as much power as it wishes and is sufficient for all and is stil! left over.
Hierdie uitspraak verwys primér na die oppergesag van die goddelike wet, die nomos
theios, soos vergestalt in die Logos-maatstaf (Cleve 1973 1: 92). Wie verstandig wil praat,
sé Herakleitos, moet op die Logos Xynós steun in ‘n sterker mate as wat die staat op sy
nomoi steun want die nomoi word deur die nomos theios bepaal en trouens daarin
gekoester. Die nomos theios/Logos ste! met ander woorde die nomoi daar: die goddelike
wet is die konstitutiewe bestaansgrond vir mensgemaakte wette.
minasiepunt van bepaalde denkontwikkelings in die antieke natuurregsepog.
3.1.2 Dit vorm 'n duidelik herkenbare basis vir ontwikkelings in die natuurregsdenke oor
'n tydperk van meer as 1600jaar. Natuurregsmodelle uit die patristiek, die Middeleeue en
die vroeé reformasie lyk struktureel baie op die Stoïsynse model. Stoïsynse idees word
egter matig ‘gekersten’ deur dit met Christelike inhoude te vul. Die natuurreg word
3.1.3 Dit is ‘n standaard in terme waarvan histories veelseggende wendings in die natuurregsdenke beskryf kan word. Een so 'n wending was die verplasing van die oorsprong van
die natuurreg vanaf ’n universele orde buite die mens na die menslike rede (kyk bv. Hugo
de Groot Prolegomena: De Jure Belli ac Pacis 6). Hierdie wending het teen ongeveer die
sestiende eeu begin, het die moderne regsdenke ingelui en vorm die grondslag van die
hedendaagse menseregteleer. 'n Ander belangrike wending, duidelik deur die twintigste
eeuse irrasionalisme geinspireer, was die bevraagtekening van die onveranderlikheid en
algemeen-geldighcid van die natuurreg as ideaalreg. Gustav Radbruch (1878-1949) ontken byvoorbeeld nie die ideaaltipiese karakter van die natuurreg nie maar verkies 'n
'Naturrecht mit wechselndem Inhalt’ bo een wat as ‘allgemeingiiltig und unwandelbar’
beskou word (Radbruch 1959: 20).
In 'n neutedop dus: indien die klassieke natuurregsleer deur die denke van die vroeé
Griekse natuurfilosowe beinvioed is, sal dit, vanweé die historiese sentraliteit van die
eersgenoemde, ook waar wees van alle regsdenke in die raamwerk van die Westerse
naturregsepog.
3.2 Die Stoisynse natuurregsleer in voélvlug
is Lt
Die Stoïsvne se antalacia sumon
Page 5
View in PDF(opens in a new window)gedra deur 'n Logos-motief. Die Stoisynse Logos is, net soos die van Herakleitos, 'n universele (ontiese) maatstaf van 'n ‘vuuragtig vlugge’ aard. Dit is egter geredeliker kenbaar
as die Logos van Herklaitos omdat partikels of ‘sade’ daarvan (/ogoi spermatikoi of
populére opvatting (en syns insiens misvatting) van sy tyd, naamlik dat lex est quod
populis iuber atque constituir (Knoche 1968: 41). Die hoër orde geld universeel en per
se (dit wil sé sonder dat 'n menslike wetgewer vorm daaraan hoef te gee) en is rasioneel
rationes seminales) in die menslike rede ingeplant is (Pohlenz 1948: 32-36; Verdross
kenbaar. Dit huisves ook ’n sisteem van waardes wat nie noodwendig klaar geformu-
1958: 44-45; Hommes 1972: 27-29). Alles in die werklikheid gebeur oorcenkomstig dic
Logos, wat M. Tullius Cicero (106-43 v.C.) later die vera lex recta ratio en Seneca (5
leerde norme hoef te wees nie.
Die partisipasie van die menslike rede aan dic Logos of lex aeterna, is 'n merkteken
van die simbiose van mens en natuur, Die vroeé natuurfilosowe (kyk par. 2.1) stel mens
v.C.-65 n.C.) die {ex aeterna sou noem.
Die tydvak waarin die Stoisyne hierdie filosofie ontwikkel — in die evolusie van die
en natuur nie teenoor mekaar nie maar dit is tog duidelik dat die natuurorde 'n objektiewe
Westerse denke as die Hellenisme bekendstaan in die teken van die militére veroweringsgrootheid buite die mens is, Die begrip ‘natuur’ (physis) het egter nie altyd in die antieke
togte van die Macedoniese heerser Alexander III (beter bekend as Alexander die Grote)
(356-323 v.C.). Uit Alexander se militére suksesse het 'n hellenisering!? van bykans die
hele destyds bekende wéreld gevolg. Hierdeur is die eens streng stadstaatgebonde Griekse
regs- en staatsdenkers (veral die Atheners) se lecf- en ervarings-wéreld verruim en het
hulle politieke perspektiewe by die grense van die polis begin verbykring.
Die polis as politieke konteks — en middelpunt van politieke geborgenheid — begin plek
maak vir die kosmopolis (of ‘wéreldstaat’). Dit, tesame met die feit dat die nuwe politieke
leefwéreld die speelveld van despote en tiranne word, skep 'n onsekerheid wat die
Stoïsyne met hulle ponering van die vastigheid van die universele Logos probeer besweer.
en klassieke natuurregsdenke hierdie betekenis nie. Erik Wolf (1954 en 1959) toon voortreflik aan hoedat die betekenis van physis van tydvak tot tydvak en selfs van filosoof tot
filosoof varieer.
Die Sofis, Protagoras van Abdera (485-411 v.C.), verklaar byvoorbeeld dat die mens
die maatstaf is vir alle dinge: van dit wat is, dat dit is en van dit wat nie is nic, dat dit nie
is nie (Fragment 1 volgens Diels 1951; vgl. ook Plato Theiathotos 166d). Hierdie stelling
verwoord 'n klemverskuiwing weg van die idee van 'n objektiewe ordemaatstaf na ‘n
subjektiewe ordebewussyn (Verdross 1958: 15; Berolzheimer 1925: 56-57): physis is nie
'n orde an sich nie maar beteken spesifiek ‘menslike natuur’. Hierdie siening het die
Geluk lé, volgens hulle, in ‘n deugdelike lewe soos die Logos "n mens leer. Logos is tegelyk ‘natuur’ én ‘rede’ omdat die menslike rede aan die Logos deel het. Die /ogoi spermatikoi in die rede is trouens bronne van 'n a priori (vóór-empiriese) kennis van wat moreel
reg en verkeerd is. Kennis van die Logos (en derhalwe dié leefwyse wat van nature rég is)
kenmerk dus die redelike natuur van die sedelike mens (vgl. bv. Kleantes (300-220 v.C.)
se Himne aan Zeus in Saunders (Ed.) 1966: 149-150; Diogenes Laertius S.V.F. 1.179a;
Sofiste met hulle uitgesproke teenstanders, Sokrates (469-399 v.C.), Plato (427-347 v.C.)
en Aristoteles (384-322 v.C.), gemeen. So ook die begeerte om met samelewingsbetrokke
denkbeelde en -modelle vorendag te kom (Wolf 1954: 10-20).
Die Stoisyne versoen in hulle denke die oorwegend na-tuurfilosofiese en ‘mensfilosofiese’ gedagterigtings: die objektiewe orde geld steeds as maatstaf: omdat die menslike
Verdross 1958: 44).
rede daaraan partisipeer, het die menslike natuur egter 66k maatstafskwaliteite, Daarom
dat Zeno, die vader van Stoïsisme, kan verklaar dat 'n deugdelike lewe "n lewe ooreen-
Cicero (De Legibus 3.22.33) beskryf die natuurregsorde as ’n vera lex recta ratio (Un
ware reg as hoogste rede’) diffusa in omnes (‘onder alles/almal verdeel’) en waaraan alle
(redelike sowel as nie-redelike) wesens deel het. Dit is duursaam, ewig en geldingseffektief. Dit beveel 'n mens om sekere dinge te doen en roep jou op tot diens. Dit verbied
komstig die natuur is (Diogenes Laertius S.V.F. 1.179a).
Die klassieke Romeinse juriste, soos Gaius en Ulpianus in (onderskeidelik) die tweede en
derde eeue na Christus, was meer regspraktisyns as regsfilosowe. Hulle is in hulle denke
egter ook bepaalde dinge. Van hierdie maatstaf kan nie afgewyk word en geen volksvergadering kan dit verander nie. Dit is vir alle volke (‘in Rome en Athene’) altyd dieselfde.
egter sterk deur die Stoïsisme beinvloed ofskoon hulle nie eksplisiet uitgaan van die
Stoisynse natuurregsmodel nie. Hulle lé klem op die aangebore, natuurlike regsgevoel van
Wie dit nie gehoorsaam nie, minag die menslike natuur. Die faset van die vera lex ratio
wat vir spesifiek redelike wesens geld, noem Cicero die /ex naturalis (De Legibus 1.5.18)
en dit is dan die natuurreg in die eintlike sin van die woord.
Opsommend kan natuurreg, aan die hand van die klassieke natuurregsleer, so tipeer
die mens (Van Oven 1948: 1-2) en vereenselwig natuurlikheid met redelikheid oftewel
gesonde verstand (‘common sense’). Hierin herken "n mens die Stoïsynse opvatting dat die
natuur ’n mens leer wat reg en verkeerd is. Daar is meningsverskil oor die vraag of — en,
indien wel, tot watter mate ~ hierdie siening steeds die gesag van ’n objektiewe natuurregsword:
orde veronderstel (vgl. bv. Voigt 1966: 332 contra Schulz 1936: 35). Daar is egter in die
Dit is ’n wetsorde (Logos of lex aeierna) waaraan tydelike of positiewe ordes
gemeet word, wat per se en universeel geld en wat redelik/rasioneel en a priori/
voor-empiries kenbaar is omdat ‘sade’ (/ogoi spermatikoi of rationes seminales)
praktiese adviese van die klassieke juriste baie voorbeelde van oplos-sings vir probleme wat
hulle as “die regverdigste’ beskou gewoon omdat sulke oplossings in ooreenstemming met
die natuur (en dus ‘gesonde verstand’) is (Du Plessis 1978: 148-152; Levy 1948: 6-7 en
daarvan in die menslike rede ingeplant is.
Met verwysing na hierdie kernagtige tipering, en mede ter toeligting van die stellings in
3.1.1-3.1.3 hierbo, kan die volgende oor die kenmerke van die klassieke natuurregsleer
gesé word.
3.2.1 Daar bestaan 'n hoër orde naas en benewens positiewe (mensgemaakte) ordes.
- Cicero formuleer sy siening oor die vera lex recta ratio byvoorbeeld in reaksie op ‘n
31
me r
16-19). Baie van hierdie opinies is opgeneem in die Corpus furis Civilis, keiser Justinianus
se omvattende kodifikasie van die Romeinse reg wat uit die sesde eeu na Christus dateer, en
het so deel geword van waarskynlik die invloedrykste historiese geskrif in die evolusie van
die Wes-Europese regswetenskap. Die Stoïsynse natuurregsleer het derhalwe nie slegs die
uitgebreide filosofiese invloed gehad waarop voorheen in 3.1.2 hierbo gewys is nie, maar
het ook in die regswetenskap verreikende effek gehad.
Page 6
View in PDF(opens in a new window)3.2.2 Positiewe regsordes word nie alleen van die natuurregsorde onderskei nie maar
word ook daarmee kontrasieer - sö dat dit duidelik is dat die natuurregsorde ideaal en
positiewe regsordes ‘praktyk’ is. Die Sofiste was die eerste om hierdie skeidslyn skerp te
4.2 Anaximandros en die Pitagoreérs kontrast
eer nie duidelik die natuurregsorde en
mensgemaakte ordes nie. Herakleitos doen
dit wel in Fragment 114 wanneer hy die
oppergesag van die nomos theios in vergelyking
trek. As swerwers van stad tot stad het hulle nie alleen onder die indruk gekom van hoe
relatief positiewe regsordes is nie maar kon hulle ook, as eksponente van die Aufklärung
van die antieke, krities teenoor regsinstellings staan (Verdross 1958: 16; Untersteiner
1954: 321-324). Teenoor hierdie gebrekkige ordes en instellings het hulle, net soos die
Stoïsyne, physis as maatstaf en ideaal gestel. Dit verklaar die volgende kenmerk van die
4. Slotperspektiewe: hoe ‘klassiek’ is die vroeé natuurfilosowe se naturregsbeskouings?
Die natuurregsdimensie in die geregtigheidsdenke van die vroeé natuurfilosowe wat in
paragraaf 2 hierbo bespreek is, word ten slotte kortliks met die klassieke natuurregsleer,
soos in die vorige paragraaf tipeer, vergelyk.
4.1 Al die natuurfilosowe wat bespreek is, erken die bestaan van 'n universele orde wat
sonder menslike toedoen geld. Vir Anaximandros konstitueer to Aperion self die orde; vir
die Pitagoreérs is dit 'n orde van getalle en vir Herakleitos is dit die Logos. In aldrie
gevalle dien die orde ook as model en voorbeeld van wat behoort — het dit met ander
woorde regulatiewe waarde. Dit is egter nie altyd ewe duidelik in welke mate hierdie orde
ook konstitutief — en dus "n ontiese bestaansvoorwaarde vir positiewe regs- en staatsordes
word gekoester deur en put krag uit die nomos theios.
Oor Anaximandros en die Pitagoreérs is daar voorts nie genoeg inligting beskikbaar om
te kan sé hoedat hulle meen 'n mens tot kennis van die natuurregsorde kom nie. Herakleitos, daarenteen, stel dit duidelik dat die Logos rasioneel — diép in die menslike psyché
(Fragmente 45 en 115) — geken kan word. Vir Herakleitos (soos ook vir die Stoïsyne) is
hierdie kennis egter slegs ten dele.
daar ’n noodsaaklike verband tussen die per se geldende. universele orde en die
tyd- en plekgebonde menslik
Omdat Herakleitos hierdie ordes kontrasteer, is
e cale
die verband wat hy tussen hulle lè te
soos in die klassieke natuurregsleer) 'n verband wat as’t
ware hersmee word. Hy kontrasteer die twee ordes en lé terselfdertyd ’n noue verband
tussen hulle. in een en dieselfde
relatief kort fragment, naamlik Fragment 114.
4.4 Omdat die verhouding natuurregpositiewe reg vir
selfs die natuurfilosowe wat die
twee soorte ordes nie duidelik kontrasteer nie, met die relasie
is die natuurreg in beginsel vir hulle essensie en positiew
model-praktyk'® korreleer
e regsordes eksistensie. Dit is
egter nie duidelik geartikuleerd so nie en tot watter
mate hulle in essensie-eksistensieterme oor die verhouding model-praktyk nagedink het,
is nie moontlik om te sé nie.
Uit die voorgaande kernagtige vergelyking is dit duidelik dat Herakleito
s se natuurregsleer al die kenmerke van die volgroeide klassieke natuurreg
sleer vertoon. Dit beteken
nie dat Herakleitos die enigste natuurfilosoof was wat as
‘voorganger’ aan die klassiekStoïsynse natuurregsleer beslag help gee het nie — inteendeel
. Daar is genoeg in die denke
van ander natuurfilosowe wat ’n mens met veiligheid
kan laat konkludeer dat die natuurregsgedagte in die Westerse geregtigheidsdenke van essensicel
natuurfilosofiese oorsprong is. Dit beteken dat die moderne natuurwetenskappe en
die regswetenskap (veral
met betrekking tot 'n ‘geestelike’ kernwaarde soos geregtigh
eid), wysgerig-histories 'n
gemeenskaplike groeibodem het. In die lig van hedendaa
gse vervreemdings van hierdie
twee wetenskapsgenres, wat die reél eerder as die uitsonder
ing skyn te wees,
merkwaardige ontdekking.
is dit 'n
|
Summary
This article traces the origins of the epoch of natural
law in Western legal thought,
early Greek natural philosophy. The views on Justice of natural
in
philosophers Anas
mander, the Pythago-reans and Heraclitus in particular, are anlysed
and compared to the
classical natural law thinking of the Stoics. This latter
model has become
three reasons:
“classical” for
It is a fully-grown doctrine of natural law.
- is nie. In die geval van Anaximandros en die Pitagoreérs is inligting hieroor gewoon
ontoereikend. Dit wil egter tog lyk asof Herakleitos in Fragment 114 uitgaan van die
veronderstelling dat die Logos bestaansvoorwaarde vir die nomoi is: die laasgenoemdes
i
4,3 Vir al die natuurfilosowe wat bespreek is, bestaan
kenmerk van alle vorme van natuurregsdenke deur die eeue.
Omdat klassieke natuurregsdenke essensie-denke is, word deduksie veelal gebruik om
uit die algemene beginsels van die natuurreg, norme of (gedrags-)voorskrifte vir besondere, konkrete situasies af te lei.
die burgery behoort vi die re
te veg soos vir die stadsmuur (Fragment 44).
3.2.3 Die verband tussen die natuurregsorde en positiewe regs-ordes word, nadat hulle
aanvanklik gekontrasteer is, hérsmee want die waardes wat in positiewe regsordes verwesenlik moet word, lé in die natuurregsorde beslote. Anders gestel: klassieke natuurregsdenkers skei nie reg en moraal (of regswetenskap en etiek) nie. Laasgenoemde is 'n
maatstaf kan wees.
met menslike nomoi konstateer Tyd- en
plekgebonde (menslike) regsordes is nogtans noodsaaklik:
klassieke natuurregsdenke.
3.2.4 Klassieke natuurregsdenke rus op die veronderstelling dat die essensie voorafgaan
aan die eksistensie. In hierdie opsig is dit georiénteer aan die ideéleer van Plato wat hy dit
in veral sy Politiea ontwikkel: die natuurreg is die ideé-model, die essensie, wat die
eksistensie van positiewe regsordes nie alleen as regulatiewe ideaal nie maar ook as konstitutiewe bestaansgrond voorafgaan. Dit verklaar waarom die natuurreg ’n bindende
33
|
It forms the clearly recognisable basis for developments
period of more than 1600 years.
in natural law thinking over a
It has become a standard in terms of which momentous turns in Western
natural law
thinking are recognised and evaluated.
According to the classical natural law doctrine, natural law is
an universal order of law
(Logos or lex aeterna), valid per se, against which temporal or positive
orders are measured.
and which is rationally and a priori knowable because its ‘seeds’ are implanted
reason. lt thus rests on the following assumptions and shows
in bene
the following characteristics:
Page 7
View in PDF(opens in a new window)It is a higher order next to and over and above positive or human-made orders. The
participation of human reason in this order is a token of the symbiotic co-existence of
S. Afr, J, Philos. 1998, 17(1)
getalle inneern: 1+2+3+4 = /0 en 10 is dic cerste volkome of volmaakte getal. Alle
beskaatde volke tel immers tot by 10 en begin dan weer by 1. Ingevolge hierdie formule is
geregtigheid self “n sleuteldeug.
nature and the human being.
2.
9. Sien vir “n uiteensetting van die effek van geometriese gelykheid in vergelyking met ander
Positive orders of law are not only distinguished from the order of natural law but also
contrasted with it in such a way that the latter is the ideal while the former constitute
‘practice’ measurable against the ideal.
3.
gelykheidsvorme, Du Plessis 1992: 370-374,
10. Die numering van fragmente is in ooreenstemming met die van Diels 1951. Engelse
vertalings van fragmente is die van Kirk (Ed.) 1962.
The fact that the two orders are contrasted does not imply that the relationship
between them is severed — on the contrary: natural law is the source of values to be
realised in positive orders of law.
4.
35
11. Pólemos is twis in teenstelling met agón wat ‘wedstryd’ of ‘wedywer® beteken, Dic Ig.
term is bv. gebruik om te dui op die ‘gesonde kompetisie’ tussen gelykes binne die
regeerklas in “n aristokratiese staat.
Classical natural law is premised on the assumption that essence precedes existence.
12. Hieruit volg onder meer dat dit vir die siel die dood beteken om water te word (Fragment
Although only Heraclitus’ thinking on justice shows all of these characteristics of the
classical doctrine of natural law, the ideas of other natural philosophers are unmistakably
antecedent to it. These philosophers, for instance, all recognise the supremacy of the universal order as a model against which civil legal and political orders are to be measured.
To this extent they also assume, by implication, that essence precedes existence. They do
not, however, always make it clear how knowledge of natural law is possible. Neither do
36) en dat “n droë siel die wysste en beste is (Fragment 118). 'n Dronk man word, omdat
sy siel nat is, deur 'n baardlose knaap rondgelei: hy beweeg al struikelende voort sonder
om te weet waarheen hy op pad is (Fragment 117).
13. Let daarop dat die verwysing na die Logos as ho Xynós hier beteken “die Gemeenskaplike"
wat ook ‘die Vriendelike” of “die Vreedsame” is. Herakleitos gee ook nog ander name aan
die Logos. byvoorbeeld "Ewige Wese* (Aei Eon), ‘die Ewige’ of *Onsterflike’ (Aion) en
they decidedly contrast natural law and positive law.
“die Wyse’ (10 Sophon) — kyk Cleve 1973 I: 81.
It can nevertheless safely be stated that the classical natural law doctrine, and thereby
natural law thinking in the western tradition too, essentially find their origin in carly
14. Demokritos is die laggende filosoof genoem omdat hy die dwaasheid van mense komies
gevind het. Herakleitos het egter heel melancholies daarop reageer — hy was die wenende
Greek natural philosophy.
filosoof (Kruger 1976: 6).
15. En die daarmec gepaardgaande kulturele en geestelike kolonisering.
Aantekeninge
16. Omdat die kontras tussen die twee ordes nie deur alle natuurfilosowe ewe duidelik poncer
I. Wat uit "n regsfilosofiese oogpunt nic so belangrik is nie.
word nie, is dit beter om hier veralgemenend van ‘model’ en nie ‘ideaal” nie te praat.
. Hierdie denkers is uit "n regsfilosofiese oogpunt eweneens minder belangrik.
ymw
. Kyk 3.2 hicronder.
Kyk 2.4 hieronder.
a . Van der Vyver( 1973: 29) gee dit in Afrikaans so weer:
Waaruit egter die synde dinge ontstaan het, daarin keer hulle ook by hulle ondergang terug,
BSaert..
Bibliografie
Allen, R.E. (Ed.), 1966. Greek philosophy: Thales to Aristotle. New York: The Free Press.
Augustinus, Aurclius. Opera Omnia. J-P. Migne (Ed.), Patrologiae Cursus Completus.
Turnhout: Brepols (vols, 32-47).
soos dit hoort; want hulle betaal aan mekaar straf en boete vir hulle ongeregtigheid na die
Berolzhcimer, F. 1929. The world's legal philosophies. New York: Macmillan.
orde van die tyd.
Calvin, Jean. /oannis Calvini Opera quae supersunt Omnia. Brunsvigac: Schwetschke (59
6. Omdat Pitagoreïese denkbeelde mcesal uit getuicnisse (en nic direkte geskrifte nie)
vols.).
rekonstrueer moet word, is dit moeilik om altyd tussen die afsonderlike standpunte van
Cicero, M. Tullius. De Re Publica/De Legibus. Londen: Heineman (Loeb Classical Library).
Pitagoras en sy leerlinge te onderskei en word Pitagoras en die Pitagorcérs hier dus
Cleve, F.M. 1973. The giants ofpre-sophistic Greek Philosophy. 3de uitg. Den Haag: Nijhoff
grotendeels as 'n eenheid bchandel.
7. Die stelling van Pythagoras dat die som van die kwadrate van die reghoeksye van 'n
reghoekige driehock gelyk is aan die kwadraat van die sy teenoor die reghoek, het bv. vir
hom onsterflike roem as mectkundige verwerf.
8. Berolzheimer (1929: 54) wys daarop dat volgens Aristoteles se getuienis (Magna Moralia
1182a 11) die getal van geregtigheid vir dic Pitagoreërs “an equal multiple of itself "moes
wees. (Die idee van 'n kwadraat word dus nie uitgedruk bloot as ‘multiplied by itself nie
maar as ‘equally equal’.) Hiervolgens is gelyke veelvoude van hulleself soos 22, 33, 44, 55
ensovoorts almal moontlike getalle van geregtigheid. 22 of 4 is egter die sterkste
moontlikheid omdat dit saam met die getal 10 'n prominente plek in die wéreldorde van
(2 vols.).
De Vogel, C.J. 1960. The legend of platonizing Aristotle, in I. Düring & G.E.L. Owen (Eds),
Aristotle and Plato in the mid-fourth century (pp. 248-256). Goteborg: Elanders.
Diels, H. 1951. Die Fragmente der Vorsokratiker. Berlyn: Weidemann [W. Kranz (Ed.)].
Du Plessis, 1..M. 1978. Die juridiese relevansie van Christelike Geregtigheid. Potchefstroom:
LL. D. proefskrif, P.U. vir C.H.O.
Du Plessis, L.M. 1992. Conceptualising ‘law’ and “Justice” (2); Just Legal Institutions in an
optimally Just Society. Stellenbosch Law Review, 3(3): 357-374.
Guthrie, W.K.C. 1962. A history ofgreek philosophy (4 vols.). Cambridge: Univ. Pr.
Hartmann, N. 1949. Neue Wege der Ontologie. 3de uitg. Stuttgart: Kohlhammer.
Page 8
View in PDF(opens in a new window)17(1)
Hommes, H.J. van Eikema. 1972. Hoofdlijnen van de Geschiedenis der Rechtsflosofie.
Deventer: Kluwer.
Jones, J.W. 1956. The law and the legal theory of the Greeks. Oxford: Clarendon.
Jowett, B. (Ed), 1953. The dialogues of Plato (4 vols.). 4de uitg. Oxford: Clarendon .
Kahn, C.H. 1960. Anaximander and the origins of Greek cosmology. New York: Columbia
Univ. Pr.
Kirk, G.S. (Ed), 1962. Heraclitus: the cosmic fragments. Cambridge: Univ. Pr.
Knoche, U. 1968. Ciceros Verbindung der Lehre vom Naturrecht mit dem Römischen Recht
und Gesetz, in G. Radke (Ed.), Cicero ein Mensch seiner Zeit (pp. 38-60). Berlyn: De
Gruyter.
Kruger, G. van W. 1976. Die voor-sokratiese nataurfilosowe. Stellenbosch: U.S.-klasdiktaat.
Levy, E. 1948. Natural law in Roman thought, in Gesammelte Schriften, 1 (pp. 3-19). Köln:
Graz Böhlau.
Macintyre. A. 1967. Ontology, in P. Edwards (Ed.), The Encyclopedia of Philosophy V
(pp. 542-543). New York: Macmillan.
McKeon, R. (Ed.). 1941. The basic works of Aristotle. New York: Random House.
McKeon, R. 1990. Freedom and history and other essays. Chicago: University of Chicago
Press.
Munitz, M.K. 1967. Cosmology,
in P. Edwards (Ed.), The Encyclopedia of Philosophy 11
(pp. 237-244). New York: Macmillan.
Pohlenz, M. 1948. Die Stoa: Geschichte einer geistigen Bewegung. Göttingen: Vandenhoeck.
Radbruch, G. 1959. Vorschule der Rechtsphilosophie. Göttingen: Vandenhoeck.
Rosen, E. 1973. Cosmology from antiquity to 1850, in P.P. Wiener (Ed.), Dictionary of the
history of ideas 1 (pp. 535-540). New York: Scribner.
Saunders, J.L. (Ed.), 1966. Greek and Roman philosophy after Aristotle. New York: The Free
Press.
Schatzel. W. (Ed.), 1950. Hugo Grotius: De lure Belli ac Pacis. Tubingen: Mohr.
Schulz, F. 1936. Principles of Roman Law. Oxford: Clarendon.
Stone, J. 1965. Human law and human justice. Londen: Stevens.
Thomas van Aquino. Summa Theologica. Taurini: Marletti, (4 vols.).
Unterstciner, M. 1954. The Sophists. Oxford: Blackwell.
Van der Vyver, J.D. 1973. Die juridiese sin van die leerstuk van menseregte. Pretoria:
LL. D.proefskrif, U.P.
Van Oven, J.C. 1948. Leerboek van Romeinsch Privaatrecht. Leiden: Brill.
Verdross, A. 1948. Grundlinien der antiken Rechts- und Staatsphilosophie. Wene: Springer.
Verdross, A. 1958. Abendländische Rechtsphilosophie, Wene: Springer.
Vlastos, G. 1947. Equality and justice in early Greek cosmologies, in D.J. Furley & R.E. Allen
(Eds), Studies in presocratic philosophy I (pp. 56-91). Londen: Routledge.
Voigt, M. 1966. Das lus Naturale, Aequum et Bonum und lus Gentium der Römer I. Aalen:
Scientia.
Vollenhoven, D.H.Th. 1950. Geschiedenis der Wijsbegeerte. Franeker: Wever.
Wolf, E. 1954, Griechisches Rechtsdenken HI 1. Frankfurt: Klosterman.
Wolf, E. 1959, Das Problem der Naturrechtslehre. Karlsruhe: Muller.